Kalabrium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Kalabrium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr (serie/epog Pleistoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 1,806 tot 0,781 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Gelasium en gevolg deur die Ionium.
Remove ads
Definisie
Die basis van die Kalabrium word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nanoplankton Discoaster brouweri en die Foraminifera Globigerinoides extremus, en die eerste voorkoms van Gephyrocapsa spp.; die bokant word gedefinieer as die begin van die Middel-Pleistoseen en dus die omkering van die aarde se magneetveld tussen die magnetiese chronosones Matuyama en Brunhes.
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads