Kappa Crucis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Kappa Crucis (ook onder meer κ Cru of HD 111973) is ’n spektroskopiese dubbelster in die oop sterreswerm NGC 4755, wat ook as die Kappa Crucis- of Juweelkis-sterreswerm bekend is. Dit is in die sterrebeeld Suiderkruis (Crux).
Remove ads
Ligging

κ Crucis is een van die helderste sterre in die sterreswerm.[6] Dit vorm een been, regs onder, of suid, van die prominente asterisme "A" in die middel van die swerm. Dit is deel van die Centaurus OB1-assosiasie en is sowat 8 500 ligjare van die Son af.
Die swerm, en dus κ Cru self, lê net suidoos van β Crucis, die linkerkantste ster van die bekende Suiderkruis-asterisme.
Remove ads
Eienskappe
κ Crucis is ’n helder superreus met ’n sterreklassifikasie van B3 Ia. Wisselings in die radiale snelheid dui op die teenwoordigheid van ’n metgesel-ster.[7] Vanweë κ Crucis se grootte en temperatuur is sy ligsterkte meer as 150 000 keer dié van die Son. Die swerm waarin die ster voorkom se ouderdom word op 11,2 miljoen jaar geraam.[8]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads