Kebby Maphatsoe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kebby Maphatsoe (31 Desember 1962 - 31 Augustus 2021) was 'n voormalige adjunkminister van verdediging en militêre veterane van 2014 tot 2019[1], en hoof van die ontbinde Umkhonto we Sizwe Militêre Veteranevereniging (MKMVA). Hy was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.
Kebby Maphatsoe | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | 31 Desember 1962 |
Sterf | 31 Augustus 2021 Alberton |
Politieke party | African National Congress |
Lewensloop
Hy was betrokke by die huidige staatskapingsondersoeke en die militarisering van die MKMVA, veral die ontplooiing van 30+-jarige mans buite Luthuli-huis wat nie lede van die MKMVA kon wees nie of nie in die ANC-opleidingskampe in Suider-Afrika gedien het nie.[2]
In sy jeugjare was hy 'n lid van die Congress of South African Students (Cosas), Soweto Youth Congress (SOYCO) en South African Youth Congress (SAYCO). Tydens apartheid het hy Suid-Afrika verlaat en is na Angola en die Sowjetunie om sy opleiding te ontvang. Daarna was hy ook in ballingskap in Uganda voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het.[3]
Maphatsoe sterf op 31 Augustus 2021 by sy huis in Alberton aan hartversaking.[4]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.