Khaled al-Asaad

Siriese argeoloog From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Khaled al-Asaad (1934[1] – 18 Augustus 2015; Arabies: خالد الأسعد), ook Khaled Asaad, was ’n Siriese argeoloog en die hoof van oudhede vir die wêrelderfenisgebied Palmyra. Hy het dié pos langer as 40 jaar beklee.[2] Op 81-jarige ouderdom is hy in die openbaar deur die ekstremistiese groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) onthoof.[2]

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Remove ads

Lewe

Al-Asaad is in Tadmoer, Sirië, gebore en het die grootste deel van sy lewe daar gewoon.[3] Hy het ’n diploma in geskiedenis gekry aan die Universiteit van Damaskus.[4] Hy was die pa van 11 kinders, van wie een Zenobia genoem is, na die bekende Palmyreense koningin.[4]

Hy het betrokke geraak by die opgrawings in Palmyra en in 1963 die hoof van oudhede van dié antieke terrein geword. Een van sy prestasies was om Palmyra op die lys van Unesco se wêrelderfenisgebiede te kry.[4] Hy was vlot in Aramees en het tot in 2011 gereeld tekste vertaal.[2]

In 2003 was hy deel van ’n Siries-Poolse span wat ’n 3de-eeuse mosaïekwerk ontdek het van ’n geveg tussen ’n mens en ’n gevleuelde dier. Hy het dit as "een van die waardevolste vondste in Palmyra" beskryf. In 2001 het hy die ontdekking aangekondig van 700 silwermuntstukke uit die 7de eeu met afbeeldings van konings Chosroës I en Chosroës II van die Sassanidiese dinastie wat voor die Moslem-verowering in Persië geheers het.[4][3] Hy was ook ’n gesogte spreker op konferensies.

Nadat hy in 2003 afgetree het, het sy seun Walid die grootste deel van sy werk in Palmyra oorgeneem. Hulle is albei in Agustus 2015 deur ISIL gevange geneem. Die lot van sy seun is nog onbekend.[1]

Remove ads

Dood

Thumb
Gedenkteken vir Khaled al-Asaad in Italië

In Mei 2015 het Tadmoer, die moderne deel van Palmyra, en die antieke terrein onder beheer van ISIL gekom. Al-Asaad het die museum voor ISIL se oorname help ontruim.[4] Hy was een van die mense wat in dié tyd gevange geneem is. ISIL het hom gemartel om inligting oor Palmyra en die terrein se skatte te kry wat hy help ontruim het.[5] Hy is op 18 Augustus 2015 voor ’n skare in Palmyra onthoof.

Sy bebloede lyk is toe eers in Tadmoer opgehang en toe in Palmyra aan een van die antieke suile op ’n dorpsplein.[5][6][7]

Nog ’n amptenaar wat die skatte help beskerm het, Qassem Abdullah Yehya, is deur ISIL vermoor, op 12 Augustus terwyl hy aan diens was. Hy was 37 jaar oud.[8]

Remove ads

Verdere leesstof

  • (de) Asaad, Khaled; Bounni, Adnan (1984). Palmyra. Geschichte, Denkmäler, Museum. Damascus: Direction général des antiquités et des musées.
  • Gawlikowski, Michael; Asaad, Khaled (1995). Palmyra and the Aramaeans. ARAM periodical. Vol. 7. Oxford: The ARAM Society for Syro-Mesopotamian Studies. OCLC 68075497.
  • Asaad, Khaled (1995). "Restoration Work at Palmyra". ARAM Periodical. 7 (1): 9–17. doi:10.2143/ARAM.7.1.2002213. OCLC 4632456923.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads