Kim Basinger

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kim Basinger
Remove ads

Kimila Ann "Kim" Basinger (IFA: ˈbeɪsɪŋər, dikwels verkeerd uitgespreek as ˈbæsɪndʒər; gebore op 8 Desember 1953)[1] is ’n Amerikaanse aktrise en voormalige model wat in 38 rolprente te sien was.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Remove ads

Loopbaan

Thumb
Basinger as J.Z. Kane in die TV-reeks Dog and Cat (1977).

Sy het haar akteursloopbaan in 1976 op televisie begin en haar rolprentdebuut in die 1981-drama Hard Country gemaak. Basinger het bekendheid verwerf toe sy in 1983 die Bond-meisie Domino Petachi was in Never Say Never Again, teenoor Sean Connery. In die jaar daarna het sy ’n Golden Globe-benoeming gekry vir haar spel in The Natural. Sy was ook Elizabeth in die omstrede erotiese drama 9½ Weeks (1986) en Vicki Vale in Batman (1989).

In 1997 het sy die Oscar, Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste vroulike byspeler gewen vir haar vertolking van Lynn Bracken in L.A. Confidential. Sy is die enigste aktrise nog wat al nakend in Playboy verskyn en ’n Oscar gewen het.

Haar ander prente sluit in Final Analysis (1992), I Dreamed of Africa (2000), 8 Mile (2002), The Door in the Floor (2004), Cellular (2004) en die komende The Nice Guys (2016).

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads