Koeboebessie
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Koeboebessie (Mystroxylon aethiopicum) - voorheen Cassine aethiopica - is 'n plant wat wissel van 'n groot bos tot 'n middelgroot boom. In Engels staan die boom bekend as die Kooboo-berry of Bushveld cherry. Die boom kom voor aan die suidkus van Suid-Afrika vanaf Mosselbaai, die ooskus, noorde van Gauteng en Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en sentraal Zimbabwe. Die vrugte is tot 2 cm lank en eetbaar en soet. Die blaarrand is getand met 'n klein, bruin kliertjie aan die punt van elke tand.
Remove ads
Subspesies
Ryp vrugte van die hoëveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. burkeanum, is pienkerig of oranje.
blomme, midsomer ryp vrugte, April
Ryp vrugte van die bosveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. schlechteri, is helderrooi.
stam groen vrugte, herfs ryp vrug, winter
Sien ook
Bron
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads