Kongo (taal)
taal wat gepraat word deur die Kongos wat in Angola en die twee Kongo's woon From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Kongo (Kikongo) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 5,7 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Lingala, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo,[7] naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Kongo in die aangrensende lande Republiek die Kongo en Angola gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken. In die Republiek die Kongo word veral die Kreools Kituba gepraat, wat naas Frans en saam met Lingala as een van twee nasionale tale erken word.


- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kongo (volk).
Kongo het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en word deur die Kongo-volk in die suidweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads