Republiek die Kongo

From Wikipedia, the free encyclopedia

Republiek die Kongo
Remove ads

Die Republiek die Kongo (Frans: République du Congo; Kituba: Repubilika ya Kôngo; Lingala: Republíki ya Kongó), ook Kongo-Brazzaville, of net Kongo (nie dieselfde as die Demokratiese Republiek die Kongo nie) is 'n voormalige Franse kolonie in die westelike Sentraal-Afrika. Dit grens aan Gaboen in die weste, aan Kameroen in die noordweste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die noorde, die Demokratiese Republiek die Kongo in die ooste, Angola (Cabinda) in die suide en die Golf van Guinee in die suidweste.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Republiek die Kongo
Thumb
Kaart van die Republiek die Kongo
Thumb
Topografiesse kaart van die Republiek die Kongo
Moenie verwar word met Demokratiese Republiek die Kongo nie.
Kitsfeite

Die Republiek die Kongo beslaan 'n oppervlakte van 342 000 km² en het 'n bevolking van 5 244 359 in 2018 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Brazzaville wat saam met Kinshasa, die hoofstad van die DR Kongo, een van die grootste metropolitaanse gebiede in Afrika vorm en deur die Kongorivier van mekaar geskei word. Die naam "Kongo", wat jagter beteken, is afkomstig van die Bakongo-stam wat naby die Kongorivier kom woon het.

Remove ads

Vroeë geskiedenis

Dele van die teenwoordige Volksrepubliek die Kongo het ook binne die ou Kongoryk geval. Die gebied het in 1885 onder Franse beheer gekom na die ontdekkingstogte van die Fransman Pierre Savorgnan de Brazza. Later het dit deel van Frans-Ekwatoriaal-Afrika geword, met Brazzaville as hoofstad van die hele gebied. Op 15 Augustus 1960 het die gebied on afhanklik geword met Fulbert Youlou, 'n voormalige priester, as premier en later as president. Werkloosheid het tot binnelandse onrus gelei, en in 1963 moes hy bedank. Die Kommunisties gesinde Alphonse Massamba-Debat het president geword met die steun van die Nasionale Revolusionêre Beweging. Die beweging se jeugtak, bewapen en opgelei deur Kubane en Chinese, het hom gesteun teen die leër, maar in September 1968 het die leër onder aanvoering van kaptein Marien Ngouaby en kaptein Alfred Raoul die bewind oorgeneem.

In 1970 het Ngouaby, onder wie die land 'n geheel en al Kommunistiese grondwet gekry het, staatspresident geword. Hoewel daar steeds ekonomiese hulp uit Frankryk aanvaar is, het die land al hoe meer bande met Rusland en ander Kommunistiese state aangeknoop. Ngouaby self is in Maart 1977 vermoor en as staatshoof opgevolg deur Joachim Yhombi Opango.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads