Kool

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kool
Remove ads

Die kool is 'n eetbare plant uit die kruisblomfamilie. Dit word as 'n verskeidenheid uiteenlopende plantrasse gekweek, waarvan sommige goed ontwikkel het. Kool is ook baie gewild as wintergroente, en as gevolg van 'n vinnige groeityd was dit voorheen in arm gebiede 'n gewilde voedselbron.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Remove ads

Eienskappe

Die meeste koolsoorte het in gemeen dat hulle blomhoofde, voordat hul oopskiet om saad vry te stel, eers 'n kompakte samestelling van lepelvormige blare vorm. Dié deel van die kool word deur die mens geoes en gekook. Suurkool is veral baie ryk aan vitamien C. Uiteraard het sagter soorte kool soos broccoli, brusselspruit en blomkool 'n veel korter bereidingstyd nodig ('n paar minute), as die harder koolsoorte bv. wit- en rooikool.

Remove ads

Herkoms

Wetenskaplikes is nog steeds nie seker watter soort kool oorspronklik tot die hedendaagse kultivars ontwikkel het nie, en of dit nog êrens voorkom nie. Wat alle wetenskaplikes wel oor saamstem is dat die koolplant lank gelede 'n inheemse plant op sanderige kusgebiede was. Die plant moes bestand gewees het teen hoë soutkonsentrasies asook sterk wind. Daar word ook aanvaar dat die plant op erg-verarmde grond gegroei het. Die leeragtige blare beskerm die plant teen klipslag en skadelike sandstorms.

Remove ads

Soorte Kool

  • blomkool (wit en groen rasse)
  • boerkool
  • broccoli en brusselspruite
  • Chinese kool
  • rooikool
  • savooiekool (groen en geel rasse)
  • spitskool
  • spruitkool (groen en rooi rasse)
  • witkool (hiervan word suurkool gemaak)

Siektes en peste

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads