Krieketwêreldbeker 1983

From Wikipedia, the free encyclopedia

Krieketwêreldbeker 1983
Remove ads

Die Krieketwêreldbeker 1983 (Engels: 1983 Cricket World Cup) is van 9 tot 25 Junie 1983 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die derde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die derde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975 en 1979 gehuisves.[3] Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1983.

Thumb
Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979 en 1983
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...

Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1983 deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1982-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1983 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.[4]

Engeland, Indië, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Engeland en Wes-Indië het Pakistan geklop, voordat Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die verdedigende kampioen Wes-Indië met 43 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Zimbabwe het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n derde keer verskyn het.

Remove ads

Toewysing

Volgens die IKK het slegs Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.[5][6] Indië het egter voorgestel dat hulle die derde Krieketwêreldbeker moet aanbied, maar die meeste IKK-lede het gemeen dat Engeland ’n meer geskikte plek was weens die langer dagligtydperk in Junie. Dit het beteken dat ’n wedstryd binne een dag voltooi kon word.[7]

Remove ads

Deelnemers

Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1982 te wen.

Thumb
Uitslag van die kwalifisering; altesaam 24 spanne het deelgeneem.

 Gekwalifiseer as ’n volle lid van die Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

 Gekwalifiseer tydens die IKK-trofee 1982

 Nie gekwalifiseer nie

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Engeland het 26 wedstryde op 14 verskeie plekke in 13 stede gehuisves, terwyl Wallis een wedstryd op een plek aangebied het.

Meer inligting Birmingham, Wes-Midlands, Bristol, City of Bristol ...

Formaat

Die Krieketwêreldbeker 1983 is oor 17 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1983 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 25 Junie met die eindstryd tussen Indië en Wes-Indië, waartydens Indië die Prudentialbeker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1983 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Groepfase Junie, Do 9 ...

Groepe

Groepfase

Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Remove ads

Skeidsregters

’n Paneel van elf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
322/6 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
216 (59 boulbeurte)
Allan Lamb 102 (105)
Martin Snedden 2/105 (12 boulbeurte)
Martin Crowe 97 (118)
Bob Willis 2/9 (7 boulbeurte)
Engeland wen met 106 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Allan Lamb (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Allan Lamb (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
338/5 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
288/9 (60 boulbeurte)
Zaheer Abbas 82 (81)
Ashantha de Mel 2/69 (12 boulbeurte)
Brendon Kuruppu 72 (101)
Sarfraz Nawaz 3/40 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met 50 lopies
St Helens, Swansea
Skeidsregters: Ken Palmer en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohsin Khan (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Athula Samarasekera (SL) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Die 626 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 604 lopies tussen Australië en Sri Lanka tydens die 1975-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Kenia en Sri Lanka tydens die 1996-toernooi.[9]
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
333/9 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
286 (58 boulbeurte)
David Gower 130 (120)
Ashantha de Mel 2/62 (12 boulbeurte)
Guy de Alwis 58* (51)
Vic Marks 5/39 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 47 lopies
County-krieketveld, Taunton
Skeidsregters: Mervyn Kitchen en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: David Gower (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • David Gower (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
  • Vic Marks (Eng) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
11–12 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
238/9 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
186 (55.2 boulbeurte)
Bruce Edgar 44 (107)
Abdul Qadir 4/21 (12 boulbeurte)
Abdul Qadir 41* (68)
Richard Hadlee 3/20 (9 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 52 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Dickie Bird en Barrie Leadbeater (Eng)
Speler van die wedstryd: Abdul Qadir (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 12 Junie gebruik, 56 boulbeurte van Nieu-Seeland op 11 Junie voltooi.
  • Beide John Bracewell (NZ) en Abdul Qadir (Pak) het hul EDI-debuut gemaak.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
193/8 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
199/2 (50.4 boulbeurte)
Zaheer Abbas 83* (104)
Bob Willis 2/24 (12 boulbeurte)
Graeme Fowler 78* (151)
Rashid Khan 1/19 (7 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Zaheer Abbas (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
206 (56.1 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
209/5 (39.2 boulbeurte)
Ranjan Madugalle 60 (87)
Richard Hadlee 5/25 (10.1 boulbeurte)
Geoff Howarth 76 (79)
Ashantha de Mel 2/30 (8 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vyf paaltjies
Bristol-krieketveld, Bristol
Skeidsregters: Dickie Bird en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Richard Hadlee (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Richard Hadlee (NZ) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
234 (55.2 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
238/8 (59.5 boulbeurte)
David Gower 92* (96)
Richard Hadlee 3/32 (10 boulbeurte)
Jeremy Coney 66* (97)
Bob Willis 4/42 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met twee paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Jack Birkenshaw en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Jeremy Coney (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
16 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
235/7 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
224 (58.3 boulbeurte)
Imran Khan 102* (133)
Ashantha de Mel 5/39 (12 boulbeurte)
Sidath Wettimuny 50 (127)
Abdul Qadir 5/44 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met elf lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Don Oslear en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Abdul Qadir (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Imran Khan (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
  • Beide Ashantha de Mel (SL) en Abdul Qadir (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
232/8 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
233/3 (57.2 boulbeurte)
Javed Miandad 67 (100)
Vic Marks 2/45 (12 boulbeurte)
Graeme Fowler 69 (96)
Mudassar Nazar 2/34 (12 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Dickie Bird en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Graeme Fowler (Eng)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
181 (58.2 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
184/7 (52.5 boulbeurte)
Martin Snedden 40 (55)
Ashantha de Mel 5/32 (12 boulbeurte)
Roy Dias 64* (101)
Martin Snedden 2/58 (10.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met drie paaltjies
County-krieketveld, Derby
Skeidsregters: David Constant en Barrie Leadbeater (Eng)
Speler van die wedstryd: Ashantha de Mel (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ashantha de Mel (SL) neem sy tweede vyf-paaltjie-oes.[10]
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
136 (50.4 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
137/1 (24.1 boulbeurte)
Sidath Wettimuny 22 (49)
Paul Allott 3/41 (10.4 boulbeurte)
Graeme Fowler 81 (77)
Ashantha de Mel 1/33 (10 boulbeurte)
Engeland wen met nege paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Barrie Leadbeater en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Bob Willis (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
261/3 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
250 (59.1 boulbeurte)
Zaheer Abbas 103* (121)
Jeremy Coney 2/42 (12 boulbeurte)
Jeremy Coney 51 (78)
Mudassar Nazar 3/43 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met elf lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: David Evans en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Imran Khan (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Zaheer Abbas (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
  • Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Meer inligting Span, S ...
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
239/6 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
226/7 (60 boulbeurte)
Duncan Fletcher 69* (84)
Graham Yallop 2/28 (9 boulbeurte)
Kepler Wessels 76 (130)
Duncan Fletcher 4/42 (11 boulbeurte)
Zimbabwe wen met 13 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: David Constant en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Duncan Fletcher (Zim)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ali Shah, Grant Paterson, Jack Heron, Andy Pycroft, Dave Houghton, Duncan Fletcher, Kevin Curran, Iain Butchart, Peter Rawson, John Traicos en Vince Hogg (almal Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Dit is Zimbabwe se eerste internasionale krieketwedstryd en hul eerste oorwinning.[11][12]
9–10 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
262/8 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
228 (54.1 boulbeurte)
Yashpal Sharma 89 (120)
Michael Holding 2/32 (12 boulbeurte)
Joel Garner 37 (29)
Ravi Shastri 3/26 (5.1 boulbeurte)
Indië wen met 34 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Barrie Leadbeater en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Yashpal Sharma (Ind)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 10 Junie gebruik, 22 boulbeurte van Wes-Indië op 9 Junie voltooi.
  • Dit is Wes-Indië se eerste krieketwêreldbekernederlaag.
11–12 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
252/9 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
151 (30.3 boulbeurte)
Larry Gomes 78 (153)
Geoff Lawson 3/29 (12 boulbeurte)
David Hookes 45 (45)
Winston Davis 7/51 (10.3 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 101 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: David Constant en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Winston Davis (WI)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 12 Junie gebruik, 42 boulbeurte van Wes-Indië op 11 Junie voltooi.
  • Winston Davis (WI) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
  • Graeme Wood (Aus) het met pyn by 18/1 afgetree.
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
155 (51.4 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
157/5 (37.3 boulbeurte)
Iain Butchart 22* (35)
Madan Lal 3/27 (10.4 boulbeurte)
Sandeep Patil 50 (54)
Peter Rawson 2/11 (5.1 boulbeurte)
Indië wen met vyf paaltjies
Grace Road, Leicester
Skeidsregters: Jack Birkenshaw en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Madan Lal (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Robin Brown (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
320/9 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
158 (37.5 boulbeurte)
Trevor Chappell 110 (131)
Kapil Dev 5/43 (12 boulbeurte)
Kapil Dev 40 (27)
Ken MacLeay 6/39 (11.5 boulbeurte)
Australië wen met 162 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Don Oslear en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Trevor Chappell (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Trevor Chappell (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
  • Beide Kapil Dev (Ind) en Ken MacLeay (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
217/7 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
218/2 (48.3 boulbeurte)
Duncan Fletcher 71* (88)
Andy Roberts 3/36 (12 boulbeurte)
Gordon Greenidge 105* (147)
Peter Rawson 2/39 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met agt paaltjies
New Road, Worcester
Skeidsregters: Jack Birkenshaw en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Gerald Peckover (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Gordon Greenidge (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
15 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
282/9 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
216 (53.1 boulbeurte)
Viv Richards 119 (146)
Roger Binny 3/71 (12 boulbeurte)
Mohinder Amarnath 80 (139)
Michael Holding 3/40 (9.1 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 66 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Viv Richards (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
  • Dilip Vengsarkar (Ind) het met pyn by 89/2 afgetree.
16 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
272/7 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
240 (59.5 boulbeurte)
Graeme Wood 73 (121)
John Traicos 2/28 (12 boulbeurte)
David Houghton 84 (108)
Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte)
Australië wen met 32 lopies
County-krieketveld, Southampton
Skeidsregters: David Evans en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: David Houghton (Zim)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
273/6 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
276/3 (57.5 boulbeurte)
Kim Hughes 69 (124)
Malcolm Marshall 2/36 (12 boulbeurte)
Viv Richards 95* (117)
Rodney Hogg 1/25 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Roy Palmer en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is die destydse hoogste suksesvolle krieketwêreldbekerlopiejag en oortref Wes-Indië se 267 lopies teen Pakistan tydens die 1975-toernooi – later oortref deur Sri Lanka teen Zimbabwe tydens die 1992-toernooi.[13]
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
266/8 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
235 (57 boulbeurte)
Kapil Dev 175* (138)
Peter Rawson 3/47 (12 boulbeurte)
Kevin Curran 73 (93)
Madan Lal 3/42 (11 boulbeurte)
Indië wen met 31 lopies
Nevill Ground, Royal Tunbridge Wells
Skeidsregters: Barrie Meyer en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Kapil Dev (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Kapil Dev stap op die veld toe Indië op 4/9 was, net ’n bietjie later was hulle op 5/17. Hy teken 75 lopies in die oorblywende 11 boulbeurte aan.[14]
  • Kapil Dev word die eerste Indiese krieketspeler wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.[14][8]
  • Kapil Dev teken met 175 lopies ook die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref Glenn Turner (NZ) se vorige rekord teen Oos-Afrika tydens die 1975-toernooi – later oortref deur Viv Richards (WI) teen Sri Lanka tydens die 1987-toernooi.[15]
  • Kapil Dev se 175 lopies sluit in 16 viere en ses sesse.[14]
  • Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
247 (55.5 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
129 (38.2 boulbeurte)
Yashpal Sharma 40 (40)
Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte)
Allan Border 36 (49)
Madan Lal 4/20 (8.2 boulbeurte)
Indië wen met 118 lopies
County-krieketveld, Chelmsford
Skeidsregters: Jack Birkenshaw en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Roger Binny (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Australië se destyds ergste krieketwêreldbekernederlaag – later oortref teen Suid-Afrika tydens die 2023-toernooi.[16]
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
171 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
172/0 (45.1 boulbeurte)
Kevin Curran 62 (92)
Wayne Daniel 3/28 (9 boulbeurte)
Desmond Haynes 88* (136)
John Traicos 0/24 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met tien paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Dickie Bird en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Faoud Bacchus (WI)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
22 Junie – Manchester
 Vlag van Engeland Engeland 213  
 Vlag van Indië Indië 217/4   25 Junie – Londen
     Vlag van Indië Indië 183
22 Junie – Londen    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 140
 Vlag van Pakistan Pakistan 184/8
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 188/2  

Halfeindrondte

22 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
213 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
217/4 (54.4 boulbeurte)
Graeme Fowler 33 (59)
Kapil Dev 3/35 (11 boulbeurte)
Yashpal Sharma 61 (115)
Paul Allott 1/40 (10 boulbeurte)
Indië wen met ses paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: David Evans en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohinder Amarnath (Ind)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
22 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
184/8 (60 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
188/2 (48.4 boulbeurte)
Mohsin Khan 70 (176)
Malcolm Marshall 3/28 (12 boulbeurte)
Viv Richards 80* (96)
Rashid Khan 1/32 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: David Constant en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Eindstryd

25 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
183 (54.4 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
140 (52 boulbeurte)
Kris Srikkanth 38 (57)
Andy Roberts 3/32 (10 boulbeurte)
Viv Richards 33 (28)
Madan Lal 3/31 (12 boulbeurte)
Indië wen met 43 lopies
Lord’s, Londen
Bywoning: 24 609[17]
Skeidsregters: Dickie Bird en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohinder Amarnath (Ind)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.


Krieketwêreldkampioen 1983
Vlag van Indië Indië
Remove ads

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1983.

Thumb
Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1983:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Groepfase

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Rang, Span ...

Meeste lopies en paaltjies

Meer inligting Naam, Lopies ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads