Kleinbek-geelvis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kleinbek-geelvis
Remove ads

Die kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Oranje- en Vaalrivierstelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Smallmouth yellowfish.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Voorkoms

Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is silwerkleurig met swart vlekke op wanneer dit onvolswasse is en die volwasse vis is goud-olyfbrons aan die bokant en roomkleurig aan die onderkant. Die anale vin het 'n oranje skakering. Die vis word tot 50 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 7,837 kg.

Verspreiding

Alhoewel die vis natuurlik in die Oranje- en Vaalrivierstelsels voorkom is dit ook gevestig in die Gourits-, Groot-Kei-, Limpopo- en die Groot-Visriviere. Dit kom ook voor in die Mutirikwedam in Zimbabwe.

Habitat

Hulle verkies helder, vinnigvloeiende riviere om in te leef maar word ook in groot damme gevind en kom by groter hoogtes bo seevlak voor as die Grootbek-geelvis. Hulle broei in die lente of vroeë somer net na die eerste groot reën. Daarna migreer die wyfies stroom-op om hul eiers te lê.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads