Laura Kelly
Amerikaanse politiek From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Laura Kelly (gebore 24 Januarie 1950) is 'n Amerikaanse politikus wat sedert 2019 as die 48ste goewerneur van Kansas dien. Sy is 'n lid van die Demokratiese Party en het die 18de distrik van die Kansas Senaat vanaf 2005 tot 2019 verteenwoordig. Sy het in 2017 aangekondig dat sy 'n kandidaat vir goewerneur is. Kelly het die Republikeinse kandidaat, Kris Kobach, in die 2018-verkiesing verslaan.[1][2]
Remove ads
Vroeë lewe en opvoeding
Kelly is in New York gebore in 'n militêre gesin wat gereeld verhuis het en dikwels oorsee gestasioneer was. Sy het aan Bradley Universiteit studeer en 'n Baccalaureus scientiae (BS) in sielkunde behaal. Sy het daarna aan die Universiteit van Indiana Bloomington studeer en 'n meestersgraad in die wetenskap van terapeutiese ontspanning verwerf. Kelly was die uitvoerende direkteur van die Kansas Ontspannings- en Parkevereniging.
Remove ads
Vroeë politieke loopbaan
Kelly is in November 2004 tot die senaat van Kansas verkies. Sy is eers later as die minderheidsweep aangewys.[3]In 2007 is sy gevra om as die Rangordende minderheidslid van die Kansas Ways and Means-komitee te dien.[4]
Van die belangrikste bydraers tot Kelly se 2008-veldtog was die Senaat-demokrate van Kansas, die Demokratiese Senatore-Veldtogkomitee van Kansas, die Amerikaanse Onderwysersfederasie (AFT), Astrazeneca, die Kansas Nasionale Onderwysvereniging (KNEA), die Kansas Trial Lawyers Association, en haarself.
Aan die einde van 2009 het Kelly dit oorweeg om as lid vir Kansas se 2de kongresdistrik te staan.[5] Gedurende die wetgewende sessie van 2011–2012 het sy as die assistent-minderheidsleier van die Senaat gedien.[6]
Remove ads
Goewerneur (2019–hede)
Veldtog


Op 15 Desember 2017 het Kelly aangekondig dat sy as kandidaat vir goewerneur staan. In die Demokratiese voorverkiesing het sy teen die voormalige burgemeester van Wichita Carl Brewer en Josh Svaty, voormalige sekretaris van landbou in Kansas, te staan gekom.[7][8]
Op 24 Mei 2018 het Kelly vir Lynn Rogers as haar keuse vir luitenant-goewerneur aangekondig.[9] Op 7 Augustus het sy vir Brewer en Svaty verslaan nadat sy 51,5% van die stemme in die voorverkiesing ontvang het.[10] Kelly het die Republikeinse kandidaat Kris Kobach in die algemene verkiesing met net 47,8% van die stemme verslaan.[11]
Ampstermyn
Kelly is op 14 Januarie 2019 as die 48ste goewerneur ingehuldig. Sy het vir Jeff Colyer opgevolg en is die eerste Demokraat om die amp sedert 2011 te beklee.
Persoonlike lewe
Kelly is sedert 1979 met Ted Daughety getroud. Hulle het in 1986 na Topeka verhuis. Die egpaar het twee volwasse dogters, Kathleen en Molly Daughety. Kelly is 'n Katoliek.[12]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
