Lavash

From Wikipedia, the free encyclopedia

Lavash
Remove ads

Lavash (Armeens: լավաշ, Azerbeidjans: lavaş, Persies: ﻟﻮﺍﺶ, Turks: lavaş) is 'n baie dun, ongesuurde Oosterse platbrood en belangrike bestanddeel van die Armeense, Azerbeidjanse, Turks-Anatoliese en Persiese kookkuns en geregte in dié lande.

Thumb
Lavash op 'n mark in Jerewan
Thumb
Volgens die tradisionele Armeense metode word lavash-deeg dun uitgerol en teen die verhitte binnewande van 'n klei-oond geklap

Die deeg vir lavash-brood word tradisioneel slegs van meel, sout en water berei, dun uitgerol en in groot buite-oonde of binnenshuise bakkamers gebak. Dun platbrode met 'n groot deursnee word teen die verhitte binnewande van 'n klei-oond geklap waar hulle binne 'n minuut of so klaargebak is.

Vars gebakte lavash kan nog maklik gevorm word, maar dit begin daarna vinnig droog en bros word. Vars lavash word derhalwe ook dikwels saamgerol om as toebroodjie of hulsel vir vleisgeregte te dien. Die laasgenoemde variant word in Turkye dürüm genoem. Gedroogde lavash kan weke of maande lank gestoor word. Voordat dit bedien word, word die platbrood effens met water bevogtig om dit sagter te maak.

Gedroogde lavash word in die Armeens-Apostoliese Kerk ook as hostie gebruik.

Remove ads

Etimologie

Volgens die Armeense Sowjet-ensiklopedie is lavash 'n samestelling van twee Armeense woorde, lav "goed" en ash "kos, gereg".[1]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads