Letlanders

From Wikipedia, the free encyclopedia

Letlanders
Remove ads

Die Letlanders (Lets: latvieši, Lyfs: leţlizt) of Lette is 'n Baltiese nasie en etniese groep inheems aan Letland wat 'n gemeenskaplike Letse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Lets as moedertaal praat. Alternatiewelik is Letlanders diegene wat in Letland woon of in Letland gebore is.

Thumb
Burgers en gewone mense in die middeleeuse Lyfland van die 16de eeu
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Lets.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Letlanders vorm die titulêre nasie van Letland, waar hulle sowat 62% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Letlanders leef nog minderhede soos Russe (26%), Wit-Russe (3,4%), Oekraïners (2,3%), Pole (2,1%) en Litauers (1,3%) in Letland; 'n historiese minderheid vorm die Baltiese Duitsers wat na die Tweede Wêreldoorlog veral in Duitsland gevestig het.

Wêreldwyd leef sowat 1,55 miljoen Letlanders, waarvan 1,2 miljoen in Letland, 82 053 in die Verenigde State, 39 000 in die Verenigde Koninkryk, 27 752 in Duitsland, 27 355 in Kanada, 25 000 in Brasilië, 20 593 in die Republiek van Ierland, 20 124 in Australië, 20 068 in Rusland en 20 000 in Nieu-Seeland.

Die Letlanders behoort saam met Litauers tot die Baltiese volke, terwyl Estlanders tot die Fins-Oegriese volke behoort en Fins-Oegriese tale praat. Die meeste Letlanders is Christene, veral Lutherane, Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse; gevolg deur ongebonde.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads