Louis Trichardt, Limpopo
dorp in Limpopo, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Louis Trichardt is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê aan die voet van die Soutpansberg wat 'n vrugbare gebied is vir die verbouing van lietsjies, piesangs, veselperskes en neute. Dit is in Februarie 1899 gestig.
Louis Trichardt is vernoem na die Voortrekkerleier Louis Tregardt. Die amptelike naam is op 20 Junie 2003 verander na Makhado, maar dié verandering is in 2007 deur die appèlhof omgekeer toe beslis is dat daar nie voldoende konsultasie met die gemeenskap was nie. Die aanvanklike naamsverandering was nie net ongewild by Afrikaners nie, maar ook by die BaPedi en Shangaan, wat die eertydse Vendaleier, Makhado, as 'n onderdrukker beskou.
Remove ads
Ligging en uitleg
Louis Trichardt is geleë op die N1 nasionale pad vanaf Gauteng na Zimbabwe, en die R524 roete wat uit die weste en ooste by onderskeidelik Rissik- en Songwozistrate aansluit. Die dorp is 100 km noord van Polokwane (Pietersburg) en 100 km suid van Musina (voorheen Messina), en reg suid van Hanglip, oftewel Songwezi, 'n prominente kop in die bergreeks. Verskeie strate dra die name van Boereleiers. Dit is opmerklik dat etlike daarvan vrymesselaars soos Piet Retief gedenk, en vrymesselary het in die ontstaansdae van die dorp inderdaad 'n sterk teenwoordigheid gehandhaaf.[2]
Gerard Moerdijk, argitek van onder meer die Voortrekkermonument, het die kerkgebou van die NG gemeente Louis Trichardt ontwerp. Dié gebou in die dorpsmidde is feitlik identies aan die ontwerp wat vir die kerkgebou van die NG gemeente Harare gebruik is. Ook in die dorpsmidde is die boomryke Voortrekkerplein en Fort Hendrina, 'n beweegbare yster-opslaanfort. Dit dateer uit die tyd van die Eerste Vryheidsoorlog, en is in die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britte oorgeneem, toe dit deur onder meer Breaker Morant as Fort Edward benut is. 'n Inheemse boomreservaat lê aan die N1. Forestryweg aan die dorp se noordekant lei na die bosboustasie en Hanglipbos.
Remove ads
Demografie
In 2011 het die dorp en omliggende dele 'n bevolking van 25 360 gehad, waarvan 5 077 (20,0%) Blank was.[3]
Sien ook
Eksterne skakels
- Makhado nou weer Louis Trichardt, sê appèlhof Geargiveer 1 Oktober 2007 op Wayback Machine Beeld, 29 Maart 2007
Bronnelys
- Beeld, 15 September 2005 Duur standbeeld loop deur onder vandale se verf.
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads