Entebbe Internasionale Lughawe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Entebbe Internasionale Lughawe
Remove ads

Die Entebbe Internasionale Lughawe (IATA: EBB, ICAO: HUEN) is die belangrikste internasionale lughawe in Uganda. Die lughawe is naby die stad Entebbe op die oewer van die Victoriameer, ongeveer 35 km van die hoofstad Kampala geleë.

Kitsfeite IATA: EBB – ICAO: HUEN, Opsomming ...

Die vliegveld is reeds vanaf 1929 in gebruik. Ná die Tweede Wêreldoorlog word dit uitgebrei en op 10 November 1951 amptelik heropen. In Mei 1952 was Entebbe een van die haltes van die De Havilland Comet wat op 2 Mei van Londen na Johannesburg vertrek het; dit was die eerste kommersiële vlug van 'n passasierstraler.

Die ou lughawe is intussen gesloop, met uitsondering van die beheertoring, en vervang deur 'n terminaal wat in 2007 vir binnelandse vlugte gebou is. Die ou gedeelte word ook vir militêre vlugte gebruik. Internasionale vlugte gebruik die passasiersterminaal wat in die 1970's gebou is.

In Julie 1976 was die lughawe die middelpunt van Operasie Entebbe, toe Israeliese kommando's 'n aanval uitgevoer het om gyselaars te bevry. Die operasie het in die "ou" lughawegebou plaasgevind, waar die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Rooi Leër Faksie passasiers aangehou het. Uiteindelik is 102 van die 106 gyselaars gered, drie sterf en een is deur Ugandese weermagoffisiere by 'n nabygeleë hospitaal vermoor. Vyf Israeli-soldate is tydens die operasie gewond.

Remove ads

Rederye en bestemmings

Remove ads

Fotogalery

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads