MMA
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
MMA (mixed martial arts in Engels, oftewel gemengde vegkuns in Afrikaans), is ’n vollekontak-vegsport wat ’n kombinasie is van onder andere boks, karate, judo, stoei en jiu-jitsu. Vuishoue, skoppe, gooie en bindingstegnieke word toegelaat en die geveg vind regopstaande plaas sowel as lêend op die krytvloer.


Hoewel die gevegte in ’n kryt plaasvind wat omring is deur ’n heining, moet dit onderskei word van ongereguleerde hokgevegte (cage fighting) wat nie ’n erkende, georganiseerde sport is nie.
Remove ads
Geskiedenis
Die sport word vergelyk met die antieke sport pankration[1] wat sedert 648 v.C. by die Olimpiese Spele beoefen is, aangesien die sport ’n kombinasie van boks en stoei is.[2]
In moderne tye het atlete van die verskillende vegkunste soos boks, stoei en karate dikwels hul vaardigheid teen mekaar getoets in kompetisies, maar dit was met die vestiging van die UFC in 1993 in Amerika dat die georganiseerde sport gevestig is soos dit vandag beoefen word.[2]
Remove ads
Die reëls
Sedert 2009 het die Amerikaanse organisasie in beheer van bokskommissies (The Association of Boxing Commissions, ABC) en MMA standaardreëls opgestel.[3] Hierdie reëls word algemeen aanvaar as die wêreldstandaard deur die meeste MMA-organisasies, insluitend die 19 lande wat tot die Internasionale Federasie vir Gemengde Vegkuns (IMMAF) behoort.[4]
Oorwinning
’n Oorwinning kan behaal word op die volgende maniere:[3]
- Die meeste punte toegeken deur die beoordelaars ná die voorgeskrewe aantal rondtes
- As die wedstryd beëindig word deur die skeidsregter (gewoonlik as ’n deelnemer hom nie langer kan verdedig nie) of deur die toernooidokter (as gevolg van ’n besering)
- ’n Oorgawe (submissie), aangedui deur met die hand te tik op die liggaam van die opponent of op die krytvloer, of mondelinge submissie
- Die ingooi van die handdoek deur die vegter se hoekbeampte
- ’n Uitklophou
Ten einde ernstige beserings te verminder, is skeidsregters gemagtig om ’n oorwinning te verklaar sodra die teenstander homself weens ’n reeks houe nie meer kan verdedig nie of as die teenstander in ’n greep vasgevang is wat tot ’n ernstige besering kan lei, byvoorbeeld ’n gebreekte arm.
Vuilspel
Enige van die volgende aksies word gestraf:[3]
- ’n Skop of kniehou teen die teenstander se kop as hy op die vloer is
- Trap op ’n teenstander op die krytvloer
- ’n Skop met die hak teen ’n teenstander se niere
- Gooi van ’n teenstander kop of nek eerste teen die krytvloer
- Gooi van ’n teenstander uit die kryt
- Vashou van ’n teenstander se klere
- ’n Stamp met die kop
- Liesaanvalle van enige aard
- ’n Vinger in enige opening of in enige sny of wond
- Manupilasie van vingers of tone
- Houe aan die ruggraat of die agterkant van die kop
- Houe afwaarts met die punt van die elmboog
- ’n Hou teen die keel van enige aard, insluitend, sonder beperkings, die gryp van die lugpyp
- Krap, knyp of draai van die vlees
- Oogkrappery van enige aard
- Byt
- Hare trek
- Vishaak (d.w.s. vingers in die neusgate)
- Gryp van die sleutelbeen
- Spoeg op ’n opponent
- Onaanvaarbare gedrag wat ’n teenstander beseer
- Vashou aan die kryt se toue of heining
- Beledigende taal in die kryt
- ’n Aanval op ’n teenstander wat onder die sorg van die skeidsregter is
- ’n Aanval op ’n teenstander gedurende die rustyd
- ’n Aanval op ’n teenstander nadat die klok gelui het
- Doelbewuste verontagsaming van die skeidsregter
- Vreesbevangendheid, insluitend sonder beperkings, kontakvermyding deur ’n teenstander, die opsetlike verloor van die mondskerm of vervalste beserings
- Inmenging gedurende die geveg deur lede van die vegter se hulpspan
Remove ads
Gewigsklasse
| Kapokgewig | 57–61 kg |
| Veergewig | 61–66 kg |
| Liggewig | 66–70 kg |
| Weltergewig | 70–77 kg |
| Middelgewig | 77–84 kg |
| Ligswaargewig | 84–93 kg |
| Swaargewig | 93–120 kg |
| Superswaargewig | Meer as 120 kg |
MMA in Suid-Afrika
MMA is ’n erkende nasionale amateur- en professionele sport in Suid-Afrika onder die beskerming van MASA (Martial Arts and Games Committee of South Africa), wat op sy beurt deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) onderskryf word.[5]
EFC Africa
Die belangrikste promotor sedert 2009 vir professionele MMA in Suid-Afrika is EFC Africa (Extreme Fighting Championship)[6] met meer as 100 gekontrakteerde vegters en agt jaarlikse kampioenskappe.[7]
EFC Africa-kampioene
Veergewig
Liggewig
Weltergewig
Middelgewig
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
