Malgassiese ariary

From Wikipedia, the free encyclopedia

Malgassiese ariary
Remove ads

Die ariary (Ar;[1] ISO 4217-kode MGA) is die huidige geldeenheid van Madagaskar. Dit word onderverdeel in 5 iraimbilanja en is een van net twee niedesimale geldeenhede wat tans gebruik word (die ander een is die ouguiya van Mauritanië). Die name "ariary" en "iraimbilanja" kom van die prekoloniale geld.

Thumb
’n Noot van 100 ariary / 500 frank (1993).

Geskiedenis

Die ariary is in 1961 as nieamptelike geldeenheid ingestel. Dit was gelyk aan 5 Malgassiese frank en het die frank op 1 Januarie 2005 vervang as Madagaskar se amptelike geldeenheid.[2]

Die waarde is sedert 1961 op munte en banknote aangedui in die amptelike frank en die halfamptelike ariary/iraimbilanja. Van 1978 af is die waarde op munte met groter waardes net in ariary aangedui. Op banknote wat sedert 31 Julie 2003 uitgegee word, word die ariary-waarde groot aangedui en die frankwaarde in klein druk. Munte met laer waardes vertoon ook nou die ariary-waarde, maar die ontwerp het dieselfde gebly.

Remove ads

Banknote

Die volgende banknote is verkrygbaar:

Meer inligting Waarde, Uitgereik ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads