Mawlid an-Nabi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mawlid an-Nabi
Remove ads

Mawlid an-Nabi (Arabies: مَولِد النَّبِي, mawlidu n-nabiyyi, letterlik: "Geboortedag van die profeet"; soms kort مولد mawlid, mewlid, mewlit, mulud genoem) is 'n Islamitiese herdenking van Mohammed se geboortedag. Soenniete vier dit op die twaalfde dag van Rabi'-oel-Awwal, die derde maand in die Islamitiese kalender, terwyl Sjiiete dit op 17 Rabi'-oel-Awwal herdenk.

Thumb
Internasionale Mawlid-konferensie, Minar-e-Pakistan, Lahore, Pakistan
Thumb
'n Banier met Mawlid-groete in Dar-es-Salaam, Tanzanië
Thumb
Maleisiese Soenni-Moslems tydens 'n Mawlid-optog in die regeringsetel Putrajaya, 2013.
Thumb
Mawlid-optog in Bhadohi, Uttar Pradesh, Indië
Thumb
Mawlid an-Nabi in Koerdistan, Irak

In teenstelling met Eid-oel-Adha en Eid-oel-Fiter het die tradisie van Mawlid an-Nabi eers na die dood van Mohammed ontstaan. Die Abbasiede het as eerste in Mohammed se geboorte en kinderdae belanggestel en die Fatimiede het Mohammed se geboorte in die 11de eeu begin vier, om hul afstamming van die profeet te beklemtoon. In die Ottomaanse Ryk is dit in 1588 tot 'n amptelike vakansiedag,[1] bekend as Mevlid Kandil, verklaar.[2]

Die herdenking van Mawlid an-Nabi is tot vandag toe 'n twisappel onder Moslems en word nie algemeen aanvaar nie. Van die kritici beskou dit as 'n nabootsing van die Christelike Kersfees. Volgens die Wahhabiete mag net God allen vereer en gevier word. Vervolgens word Mohammed se geboortedag in Saoedi-Arabië nie gevier nie. In ander Islamitiese lande soos Indonesië en Maleisië is dit egter 'n openbare vakansiedag.[3]

Remove ads

Datums

Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.

Soennitiese Islam

Soenniete herdenk Mawlid an-Nabi op 12 Rabi'-oel-Awwal, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin).

Meer inligting Jaar in die Islamitiese kalender, Datum in die Gregoriaanse kalender ...

Sjia-Islam

Sjiiete herdenk Mawlid an-Nabi op 17 Rabi'-oel-Awwal, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin).

Meer inligting Jaar in die Islamitiese kalender, Datum in die Gregoriaanse kalender ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads