Max Brod
Tsjeggiese-Israeliese skrywer, komponis en joernalis From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Max Brod (27 Mei 1884 - 20 Desember 1968) was 'n Tsjeggiese Duitssprekende Joodse (en later Israeliese) skrywer, komponis en joernalis. Alhoewel hy self 'n produktiewe skrywer was word hy veral onthou om sy vriendkap met, en sy biografie van, Franz Kafka. Kafka het Brod as sy letterkundige eksekuteur benoem en aan Brod opdrag gegee om by sy afsterwe sy ongepubliseerde werke te verbrand. Brod het egter geweier om die opdrag uit te voer en Kafka se werke gepubliseer.

Remove ads
Gepubliseerde werke
- Schloß Nornepygge (1908)
- Weiberwirtschaft (1913)
- Über die Schönheit häßlicher Bilder (1913)
- Die Höhe des Gefühls (1913)
- Anschauung und Begriff: Grundzüge eines Systems der Begriffsbildung, 1913 (saam met Felix Weltsch)
- Tycho Brahes Weg zu Gott (Tycho Brahe se Weg na God, 1915)
- Heidentum, Christentum, Judentum: Ein Bekenntnisbuch (1921)
- Sternenhimmel: Musik- und Theatererlebnisse (1923, heruitgereik as Prager Sternenhimmel)
- Reubeni, Fürst der Juden (1925)
- Zauberreich der Liebe (1930)
- Biografie von Heinrich Heine (Biografie van Heinrich Heine, 1934)
- Die Frau, die nicht enttäuscht (1934)
- Novellen aus Böhmen (1936)
- Rassentheorie und Judentum (1936)
- Annerl (1937)
- Franz Kafka, eine Biographie (Franz Kafka, 'n Biografie, 1937, later gebundel in Über Franz Kafka, 1974)
- Franz Kafkas Glauben und Lehre (1948)
- Die Musik Israels (1951)
- Beinahe ein Vorzugsschüler, oder pièce touchée: Roman eines unauffälligen Menschen (1952)
- Die Frau, nach der man sich sehnt (1953)
- Rebellische Herzen (1957)
- Verzweiflung und Erlösung im Werke Franz Kafkas (1959)
- Beispiel einer deutsch-jüdischen Symbiose (1961)
- Johannes Reuchlin und sein Kampf (1965)
- Die verkaufte Braut, vertaling van die Tsjeggiese libretto Prodaná nevěsta (The Bartered Bride, 'n komiese opera deur Bedřich Smetana), en verskeie ander vertalings van Tsjeggiese operalibretti
- Über Franz Kafka, (1974)
Remove ads
Musiek
Brod se musiekkomposisies is, selfs in vergelyking met sy literêre uitset, relatief onbekend. Sy komposisies sluit liedere, klavierwerke en insidentele musiek vir sy toneelstukke in. Hy het sommige van Bedřich Smetana en Leoš Janáček se operas in Duits vertaal, en die eerste boek oor Janáček geskryf (aanvanklik in Tsjeggies in 1924 gepubliseer). Hy was in 1961 die skrywer van 'n studie oor Gustav Mahler getiteld Beispiel einer deutsch-jüdischen Symbiose. Max het orkestrasie gestudeer onder Alexander Uriah Boskovich.
Remove ads
Pryse
In 1948 is die Bialik-prys vir Hebreeuse letterkunde aan Brod toegeken.[1] In 1965 is die Eregeskenk van die Heinrich Heine-genootskap in Düsseldorf, Duitsland, aan Brod toegeken.[2] In 1965 is die Oostenrykse Dekorasie vir Wetenskap en Kuns ook aan hom toegeken. Hy was die eerste Israeli aan wie die eer te beurt geval het.
Keur uit sy filmografie
- The Woman One Longs For (1929)
Verwysings
Verdere leesmateriaal
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
