Mazanderani
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mazanderani (مازندرانی, Mazandarani) of Tabari (تبری, Tabari) is 'n Irannese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense, veral Mazanderani's, in die noorde van Iran (Mazandaran-provinsie) langs die Kaspiese See gepraat word.

Mazanderani is nou verwant aan Gilaki en die twee tale het 'n gemeensame woordeskat.[2] Alhoewel Persies Mazandarani tot 'n groot mate beïnvloed het, bly Mazandarani 'n taal op sy eie met 'n Noordwes-Irannese oorsprong.[3] Die tale Mazandarani en Gilaki (maar geen ander Irannese tale) deel bepaalde tipologiese eienskappe met Kaukasiese tale (veral Suid-Kaukasiese tale),[4] wat die geskiedenis, etniese identiteit en 'n noue verwantskap tussen die etniese groepe van die Kaukasusstreek en beide die Mazandarani's en Gilaki's weerspieël.[5][6]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads