Mercurius (mitologie)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mercurius (mitologie)
Remove ads

Mercurius was ’n belangrike god in die Romeinse mitologie en een van die Dii Consentes (die 12 belangrikste gode van die panteon). Hy was die god van winste, handel, poësie, boodskappe, reisigers, grense en diewe; hy was ook die gids van siele na die onderwêreld.[1][2]

Kitsfeite Naam, God van ...
Thumb
Mercurius en sy simbole, Hendrik Goltzius.

Hy word beskou as die seun van Maia en Jupiter, en sy naam kom dalk van die Latynse woord mercari ("handeldryf") en merces ("lone"); of van die Proto-Indo-Europese stam *merĝ- vir "grens". Sy eweknie in die Griekse mitologie was Hermes. Mercurius word dikwels uitgebeeld met sy boodskapperstaf in sy linkerhand. Net soos met Hermes het Apollo hom ’n towerstaf gegee wat later in die boodskapperstaf verander het.

Die planeet Mercurius is na die god genoem.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads