Jupiter (mitologie)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jupiter (mitologie)
Remove ads

Jupiter (Latyn: Iuppiter, gen. Iovis) was in die Romeinse mitologie die god van die lug en donderweer, asook die koning van die gode. Hy was deur die tydperke van die republiek en die ryk die hoofgod van antieke Rome se staatsgodsdiens, totdat die Christendom die oorheersende godsdiens geword het.

Kitsfeite Naam, God van ...

Die Romeine het Jupiter beskou as die Latynse eweknie van die Griekse god Zeus. Onder die Griekse invloed was hy die broer van Neptunus en Pluto. Elkeen het oor een van die drie ryke van die heelal regeer: die lug, die water en die onderwêreld. Die Italiaanse Diespiter was ook ’n luggod wat die daglig verteenwoordig het en hy is gewoonlik, maar nie altyd nie, met Jupiter vereenselwig.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads