Messier 103

From Wikipedia, the free encyclopedia

Messier 103
Remove ads

Messier 103 of M103 (ook bekend as NGC 581) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Kitsfeite

Dit is een van die verste oop swerms, met ’n afstand van tussen 8 000 en 9 500 ligjare van die Aarde af.[1][2] Die helderste sterre is rooireuse met ’n skynbare helderheid van 10,5 en 10,8 mag. M103 is sowat 25 miljoen jaar oud.[2]

Remove ads

Geskiedenis

Ná Méchain se ontdekking van Messier 101, M102 en M103 in 1781 het Messier nie self die geleentheid gehad om die sterreswerms van naderby te bestudeer voordat hy hulle by sy katalogus gevoeg het nie.[3][4] In 1783 het William Herschel M103 bestudeer en gesê daar is 14 tot 16 taamlike groot sterre, waarvan baie dof is.[5] Sterrekundiges het daarna die getal opgestoot na 40, later 60 en eindelik 172 sterre.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads