Metanol
chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Metanol ook bekend as metielalkohol (of vroër as "houtgees"), is 'n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH. Dit is die eenvoudigste alkohol en is 'n ligte, vlugtige, vlambare en giftige vloeistof met 'n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as dié van etanol. By kamertemperatuur is dit 'n polêre vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel, oplosmiddel, brandstof en 'n middel om etanol ondrinkbaar te maak. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses.
Remove ads
Vervaardiging
Die vervaardiging van metanol vereis ‘n katalisator. Van die katalisators is CuO/ZnO/Cr2O3, CuO/ZnO/Al2O3 en CuO/ZnO. Die temperatuur is gewoonlik tussen 200-350 °C en die druk tussen 40 – 250 Atm. Die chemie van die vervaardiging van metanol kan eenvoudig geskryf word as ‘n hidorgenasie van koolstofmonoksied:
Maar hierdie eenvoud is bedrieglik. Daar word in die chemiese nywerheid altyd ook CO₂ bygevoeg en oor die rol daarvan is geen ooreenstemming onder navorsers nie. Daar is vier belangrike reaksies:
- CO₂- hidrogenasie
- – watergasreaksie
- – CO – hidrogenasie
- – Boudouard-reaksie
Daar is wetenskaplikes wat dink dat net die CO₂- hidrogenasie tot metanol lei, maar daar is geen ooreenstemming daaroor nie. Die Boudouard-reaksie kan die katalisator vervuil, of -indien dit in die omgekeerde rigting verloop- skoonhou.[3]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads