Modderrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Modderrivier is 'n sytak van die Rietrivier wat algemeen van oos na wes deur die Vrystaat in Suid-Afrika vloei.
Die rivier ontspring net oos van Dewetsdorp in die Vrystaat en vloei dan noord tot in die Rustfonteindam. Die rivier kruis dan die N8 nasionale pad, swaai noordwes en vloei deur die Mockesdam. Dit gaan dan by Maselspoort verby en kruis die N1 nasionale pad noord van Bloemfontein. Hierna kruis dit die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Bloemfontein asook die R30- en R700-hoofpaaie.
Die rivier swaai dan wes en vloei die Krugersdriftdam binne. Die rivier vloei steeds wes, verby die Poplar Grove, Paardeberg en Slag van die Twee Riviere slagvelde, kruis dan weer die N8 en sluit dan by die Rietrivier aan by die N12 nasionale pad by die Modderrivier-nedersetting.[1]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads