Slag van Poplar Grove
veldslag in die Tweede Vryheidsoorlog From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Slag van Poplar Grove (ook bekend as die Slag van Modderrivierpoort,[1]) het plaasgevind op 7 Maart 1900 langs die Modderrivier, Vrystaat, Suid-Afrika net noord van Petrusburg. Hier het generaal Christiaan de Wet gepoog om die opmars van die Britse oormag, na die oorgawe van generaal Piet Cronjé by Paardeberg, te stuit. Die poging was vrugteloos en De Wet en sy manskappe moes voorlopig terugval na die koppies by Abrahamskraal en Driefontein. Lord Roberts sou Bloemfontein op 15 Maart 1900 beset.
Remove ads
Sien ook
Bronne
- (en) Rayne Kruger, Goodbye Dolly Grey: Story of the Boer War. New English Library Ltd. 1964. ISBN 0712662855
- (en) Thomas Pakenham, The Boer War. Johannesburg & Kaapstad: Jonathan Ball Publishers, 1997 (2de uitgawe). ISBN 1-86842-037-X
- B.P.J. Erasmus, Op Pad in Suid-Afrika. Johannesburg, Jonathan Ball, 1995. ISBN 1-86842-026-4 en ISBN 9781868420261.
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads