Moeammar al-Ghaddafi (Arabies: معمر القذافي) (gebore 7 Junie1942 te Sirte, oorlede 20 Oktober2011 te Sirte), ook bekend as "Kolonel Gaddafi", was vir 42 jaar die de facto leier van Libië. Hy het met 'n staatsgreep in 1969 aan bewind gekom wat weer in 2011 deur die Libiese Burgeroorlog beëindig is.[1] Ghaddafi het nie 'n openbare amp of titel gehad nie, maar is dikwels as "Broederleier" aangespreek. Ghaddafi se naam word op talle wyses vanaf Arabies getranslitereer, onder andere: Gadhafi, Gadaffi, Gaddafi, Gadhdhafi, Ghaddafi, Khadaffi, Kaddafi, Kadhdhafi, Khadafy, Qadaffi, Qaddafi, Qadhafi, Qadhdhafi en Qathafi.
Moeammar al-Ghaddafi in 1976
Kitsfeite Voorafgegaan deur, Opgevolg deur ...
Moeammar al-Ghaddafi معمر محمد أبو منيار القذافي
Moeammar al-Ghaddafi in 2009.
Broederlike leier en gids van die Libiese Rewolusie
Libiese staatsgreep van 1969 Libies-Egiptiese Oorlog Tsjadies-Libiese konflik Uganda-Tanzanië oorlog Bombardering van Libië in 1986 Libiese Burgeroorlog
Sluit
Sy gesag is die laaste halfjaar van sy lewe nie meer deur die meeste lande erken nie. Op 20 Oktober 2011 het 'n woordvoerder van die Nasionale Oorgangsraad bekend gemaak dat al-Ghaddafi met die oorname van Sirte gevange geneem is.[2] Later die dag het Abdul Hakim Belhaj, 'n bevelhebber van die rebelle, gemeld dat al-Ghaddafi aan sy wonde beswyk het.[3]