23 Augustus
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
23 Augustus is die 235ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (236ste in skrikkeljare). Daar volg nog 130 dae in die res van die jaar.
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
Gebeure

- 1268 – Slag van Tagliacozzo: Karel van Anjou verslaan Conradin en neem hom gevange.
- 1673 – Die Zoetendaal strand by Struisbaai.
- 1783 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) sluit aan by die Camaldolese klooster in Murano.
- 1820 – Die South African Bible Society, voorloper van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika word onder die leierskap van Rufane Donkin gestig.
- 1833 – Slawerny word in die Britse kolonies, insluitend die Kaapkolonie, afgeskaf.
- 1866 – Die Oostenryk-Pruisiese Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Praag.
- 1927 – Italiaanse anargiste Nicola Sacco en Bartolomeo Vanzetti word in Amerika tereggestel.
- 1939 – In Moskou word die Molotof-Ribbentrop-verdrag gesluit.
- 1944 – Koning Michael van Roemenië ontslaan die pro-Nazi-regering van generaal Ion Antonescu.
- 1961 – Ranger 1, 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig, word lanseer.
- 1966 – NASA se Lunar Orbiter 1 neem die eerste foto van die Aarde vanaf 'n wentelbaan om die Maan.
- 1978 – Tien Suid-Afrikaanse soldate sterf en 10 word gewond tydens 'n SWAPO-vuurpylaanval op 'n basis in Katima Mulilo in die Caprivistrook.
- 2023 – Jewgeni Prigozjin, Wagner-groep finansier en nege ander sterf in ‘n vliegongeluk in die Twer-oblast in Rusland.
Remove ads
Geboortes
- 1696 – Jan de Marre, Nederlandse skrywer († 1763).
- 1740 – Iwan VI van Rusland, tsaar van Rusland († 1764).
- 1754 – Lodewyk XVI, Franse koning tydens die Franse Rewolusie († 1793).
- 1867 – Edgar de Wahl, skepper was van die kunsmatige taal Interlingue († 1948).
- 1894 – A.A. Pienaar, Afrikaanse skrywer wat onder die skuilnaam Sangiro gepubliseer het († 1979).
- 1927 – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke († 2017).
- 1927 – Hans Zanotelli, Duitse dirigent († 1993).
- 1928 – Dulsie van den Bergh, Suid-Afrikaanse aktrise († 1997).
- 1932 – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië († 1978).
- 1935 – Sol Kerzner, Suid-Afrikaanse hotelmagnaat († 2020).
- 1954 – Ngconde Balfour, Suid-Afrikaanse kabinetsminister.
- 1955 – James Selfe, Suid-Afrikaanse politikus († 2024).
- 1969 – Tinus Linee, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2014).
- 1977 – Jared Fogle, Amerikaanse akteur en veroordeelde kindermolesteerder.
- 1985 – Stephen Miller, Amerikaanse politieke adviseur wat dien as die 12de Verenigde State se tuislandveiligheidsadviseur.
- 1986 – Jeroen Dera, Nederlandse letterkundige en literatuurkritikus.
Remove ads
Sterftes
- 30 – Caesarion, Egiptiese koning (* 47).
- 93 – Gnaeus Iulius Agricola, Romeinse generaal (* 40).
- 1305 – William Wallace, Skotse ridder, tereggestel deur Engelse koning (* 1272).
- 1618 – Gerbrand Bredero, Nederlandse digter en dramaturg (* 1585)
- 1806 – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur (* 1736).
- 1892 – Deodoro da Fonseca, politikus en eerste President van Brasilië (* 1827).
- 1933 – Adolf Loos, Oostenrykse argitek en teoretikus van moderne boustyl (* 1870).
- 1944 – Abdülmecid II, Ottomaanse sultan en kalif (* 1868).
- 1962 – Hoot Gibson, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1892).
- 1966 – Francis X. Bushman, Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer (* 1883).
- 1966 – Irma Stern, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1894).
- 1989 – R. D. Laing, Skotse psigiater en skrywer (* 1927).
- 2001 – Kathleen Freeman, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 2002 – Stafford Beer, Britse stelselteoretikus en konsultant. (* 1926).
- 2005 – Brock Peters, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2023 – Theuns Stofberg, Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein (* 1955).
- 2024 – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Irenaeus van Lyon in die Ortodokse Kerk.
- Feesdag van Pous Theonas van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk, ook op 28 Desember.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 August. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads