Mokgweetsi Masisi
voormalige president van Botswana From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mokgweetsi Eric Keabetswe Masisi (* 21 Julie 1962 –) is 'n Botswana-politikus wat van 1 April 2018 tot 31 Oktober 2024 as die vyfde President van Botswana gedien het. Tussen 12 November 2014 en 1 April 2018 het hy as agste adjunkpresident onder Ian Khama gedien.[1]
In Oktober 2019 is Masisi as Botswana se president herkies, nadat die Botswana Democratic Party sy grootste bedreiging vir eenheid in meer as vyf dekades beleef het, aangesien Masisi se voorganger, Ian Khama, by die opposisie aangesluit en Masisi van outoritarisme beskuldig het.[2] Khama is voorheen tydens Masisi se eerste toespraak aan die nasie skerp aangeval.[3]
Tydens die algemene verkiesing op 1 November 2024 het die BDP vir die eerste keer sedert onafhanklikwording in 1966 nie meer ’n volstrekte meerderheid behaal nie en die sittende president Mokgweetsi Masisi het die regeringsmag aan die Umbrella for Democratic Change (UDC) oorhandig, waarna Duma Boko as sy opvolger ingesweer is.[4][5]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads