Moksja

From Wikipedia, the free encyclopedia

Moksja
Remove ads

Moksja (мокшень кяль, moksjen kjal) is lid van die Wolga-Finse subafdeling van die Oeraalse taalfamilie. Dit het sowat 500 000 sprekers en is die belangrikste taal in die westelike deel van Mordowië.[2]

Thumb
Moksja-Cyrilliese alfabet, 1924–1927

 

Kitsfeite Moksja мокшень кяль moksjen kjal, Amptelike status ...

Moksja is een van drie amptelike tale in Mordowië. Die ander twee is Erzja en Russies. Die naaste taal aan Moksja is Erzja, maar sprekers kan nie mekaar se taal verstaan nie. Daar is tans ses dialekte: Sentraal-, Wes-, Suidwes-, Noord-, Suidoos- en Suid-Moksja.

Vanweë agglutinasie (sameklewing) kan woorde in Moksja taamlik lank wees. Die klem is altyd op die eerste lettergreep, maar is nie sterk nie en dit kan klink of alle lettergrepe ewe veel klem het. Dit word in die Cyrilliese alfabet geskryf, met ’n paar meer letters as Russies.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads