Erzja

From Wikipedia, the free encyclopedia

Erzja
Remove ads

Erzja (эрзянь кель, erzjan kel) word deur sowat 500 000 mense gepraat in die noordelike, oostelike en noordwestelike dele van die Republiek van Mordowië en die aangrensende gebiede Nizjni Nowgorod, Tsjoewasjië, Penza, Samara, Saratof, Orenburg, Oeljanofsk, Tartarstan en Basjkortostan in Rusland. Sprekers kan ook gevind word in Armenië, Estland, Kasakstan en ander nuwe onafhanklike state in Sentraal-Asië.

 

Kitsfeite Erzja эрзянь кель eŕźań keĺ, Amptelike status ...

Erzja word tans in die Cyrilliese alfabet geskryf sonder enige aanpassings aan die Russiese weergawe. In Mordowië is Erzja saam met Russies en Moksja ’n amptelike taal.

Die taal behoort tot die Mordwiens tak van die Fins-Wolgaïese tale, ’n subtak van die Oeraalse tale. Dit is nou verwant aan Moksja.

Remove ads

Alfabet

Die moderne Erzja-alfabet is dieselfde as vir Russies:

А
/a/
Б
/b/
В
/v/
Г
/ɡ/
Д
/d/
Е
/je/
Ё
/jo/
Ж
/ʒ/
З
/z/
И
/i/
Й
/j/
К
/k/
Л
/l/
М
/m/
Н
/n/
О
/o/
П
/p/
Р
/r/
С
/s/
Т
/t/
У
/u/
Ф
/f/
Х
/x/
Ц
/t͡s/
Ч
/t͡ʃ/
Ш
/ʃ/
Щ
/ʃt͡ʃ/
Ъ
/-/
Ы
/ɨ/
Ь
/◌ʲ/
Э
/e/
Ю
/ju/
Я
/ja/

Verwysings

Bibliografie

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads