Monograaf
wetenskaplike boek of verhandeling oor 'n onderwerp of 'n beperkte groep samehangende onderwerpe From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Monograaf (van die Grieks μονογραφία, met γράφειν, "om te skryf") is 'n wetenskaplike boek of verhandeling oor 'n onderwerp of 'n beperkte groep samehangende onderwerpe. Dit is dus 'n gespesialiseerde skryfwerk en uitgebreide bespreking van 'n spesifieke onderwerp of persoon en ryk aan detail, in teenstelling to verwysingswerke,[1] en word oor die algemeen deur slegs een skrywer geskryf. Dit bevat dikwels 'n bibliografie. In 'n monograaf word daarna gestreef om 'n volledige oorsig van die onderwerp aan te bied. 'n Besondere vorm daarvan is die biografie, waarvan een persoon die onderwerp is.
'n Monograaf bevat nie 'n uitgebreide inhoudsopgawe nie aangesien dit nie 'n naslaanwerk is nie. Wel bevat dit, net soos ander wetenskaplike publikasies, notas en 'n literatuurlys, bedoel as verantwoording en bewysmateriaal. In 'n biblioteek is 'n monografie 'n eenmalige publikasie (in een volume of 'n bepaalde aantal volumes) en derhalwe verskil dit van 'n reeks of periodieke publikasie soos tydskrifte, akademiese joernale of koerante.[2] In hierdie eksklusiewe konteks, word boeke soos romans ook as monograwe beskou.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads