Mutlumuvirivier

rivier in Mpumalanga, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Mutlumuviriviermap
Remove ads

Die Mutlumuvirivier vorm 'n linkersytak van die Sandrivier, sowat 21 km noord-noordoos van Skukuza.[1] Die Sand- vorm op sy beurt 'n sytak van die Sabierivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die Mutlumuvi vloei suidwaarts oor 'n substraat van graniet, en is in sy geheel in die Krugerwildtuin geleë. Die rivier word deur die H1-2-toeristepad en die aanliggende Maroela-ompad (S83) oorgesteek.

Kitsfeite Koördinate: 24°56′35″S 31°40′41″O ...

Rhino Post Safari Lodge, deel van die Rhino Walking Safaris-konsessie, is aan die Mutlumuvi se linkeroewer geleë. Verder stroomop behoort Plains Camp ook tot die konsessie. Die konsessie word 'n privaat deurkruisingsgebied van 12 000 hektaar toegestaan, maar benut ook wildtuinpaaie vir wildritte.

"Mutlumuvi" is deur die Sjangaans uit 'n Sotho-beskrywing, "motla-omobe", afgelei. Dit beteken "gevaarlik in vloed".[1]

Remove ads

Verwysing

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads