Nakop

From Wikipedia, the free encyclopedia

Nakopmap
Remove ads

Nakop is een van die grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië. Dit lê op die N10 nasionale pad in die rigting van Ariamsvlei en Karasburg in Namibië. Dit is 2 km oos van die werklike grens en 10 km van Ariamsvlei. Nakop lê 138 km noordwes van Upington en 134 km oos van Karasburg. Die Nakop-grenspos is heeljaar en 24-uur oop. Aan die Namibiese kant is die grenspos aan die oostekant van die dorp Ariamsvlei op die pad B3.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Nakop was in Augustus 1914 die toneel van die eerste gevegte tydens die Eerste Wêreldoorlog tussen Duitse en Suid-Afrikaanse troepe oor die beheer van Duits-Suidwes-Afrika.

Meer inligting Suid-Afrika, Namibië ...

[1]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads