Naledi Pandor

From Wikipedia, the free encyclopedia

Naledi Pandor
Remove ads

Naledi Pandor (gebore 7 Desember 1953 in Durban) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was van Mei 2019 tot Junie 2024 die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking. Voor dit was sy die Minister van Wetenskap en Tegnologie en het in 2012-2014 ook Nkosazana Dlamini-Zuma as Minister van Binnelandse Sake opgevolg.[2] Einde Februarie 2018 is sy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Hoër Onderwys en Opleiding benoem.

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...

Sy word in 1994 tot die parlement verkies en in 1999 deur president Thabo Mbeki aangestel as voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Van 2004 tot 2009 dien sy as Minister van Onderwys onder leiding van Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe. Gedurende haar ampstermyn word die onderwysstelsel volledig hervorm.

Aan die einde van 2014 is sy, as Minister van Wetenskap en Tegnologie, deur die Demokratiese Alliansie geprys as die kabinetslid in die ANC-regering wat die beste presteer het.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads