Napoléon Eugène Louis Bonaparte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Prins Napoléon Eugène Louis Bonaparte (16 Maart 1856 - 1 Junie 1879) was die seun van Napoleon III en die laaste nasaat van Napoleon Bonaparte. Hy het gesterf tydens die Anglo-Zoeloeoorlog in Suid-Afrika. Ná die afsterwe van sy vader is hy deur aanhangers van die Franse ryk geproklameer as Napoleon IV.
Remove ads
Kinderjare
Bonaparte het as 'n klein seuntjie saam met sy ouers, Napoleon III en moeder Eugénie, na Engeland gegaan nadat sy vader die oorlog teen die Koninkryk Pruise verloor het in 1871 en uit Frankryk verban is. In Engeland het hy militêre opvoeding volgens die Britse tradisie ontvang by die Koninklike Militêre Akademie te Woolwich. Hier het hy homself bewys as 'n goeie perderuiter.
Anglo-Zoeloe-oorlog

Met die uitbreek van die Anglo-Zoeloe-oorlog het hy, op sy eie aandrang, 'n kommissie as luitenant in die verkennerskorps van kolonel Harrison gekry. Hy vergesel lord Chelmsford se tweede inval in Zoeloeland.
Op die oggend van 1 Junie 1879 word 'n verkenningskorps waarvan hy deel was gestuur om 'n geskikte plek te soek vir 'n kamp vir die hoofgroep. Gedurende die middag het hulle by 'n verlate kraal afgeklim om verversings te geniet. Die kraal was blykbaar nie verlate nie en die groep word deur sowat 50 Zoeloes aangeval. Die prins en nog twee ander soldate word doodgesteek.
Daar is 'n gedenkteken opgerig op die plek waar hy gesneuwel het. Sy lyk is na Engeland gestuur waar hy in Farnborough begrawe is.[1] Sy moeder het later die plek besoek waar hy gesterf het.
Remove ads
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads