Olivier Panis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Olivier Panis
Remove ads

Olivier Panis (gebore op 2 September 1966) is 'n Franse professionele renjaer. Panis het vir tien seisoene in Formule Een gejaag en 'n oorwinning behaal tydens die Monaco Grand Prix in 1996 vir die Ligierspan. Hy was die laaste Franse jaer wat 'n Grand Prix in Formule Een gewen het voor Pierre Gasly se oorwinning in die 2020 Italiaanse Grand Prix in September 2020.

Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...

Sy seun is die renjaer Aurélien Panis.[1]

Remove ads

Loopbaan

Panis is in Oullins, Lyon gebore, en soos meeste Formule 1 wedrenbestuurders, het hy vroeg in sy loopbaan met knortjorre gejaag. Hierna het Olivier etlike jare in 'n aantal "junior" reekse gejaag voordat hy in die Franse Formule 3 gejaag het. Hy het in 1989 'n kampioenskap in Formule Renault verower en in 1991 tweede geëindig in die Franse Formule 3. Uiteindelik bevind hy hom in die Formule 3000, en hy wen die reeks se kampioenskap in 1993.

Remove ads

Formule Een

Die 27-jarige Panis het in 1994 'n F1-plek bekom in die Franse Ligierspan. Hy het sy debuut in Brasilië gemaak en elfde geëindig. Hy het 'n verrassende tweede plek daardie seisoen in die Duitse Grand Prix op Hockenheim behaal en eindig 11de in die puntelys vir die merk. Hy het elke wedren behalwe Frankryk voltooi. Hy is egter in Portugal gediskwalifiseer weens onwettige verweer van sy skuifblokkies.

Thumb
Panis jaag vir Ligier tydens die 1995 Britse Grand Prix .

Hy het 'n verrassende tweede plek behaal tydens die 1995 Australiese Grand Prix, ondanks die feit dat hy twee rondes agter die voorloper Damon Hill was.

Panis het 'n skokoorwinning behaal in die Grand Prix van Monaco in 1996. Panis het 14de op 'n nat baan weggespring en ander mededingers op die smal baan verbygesteek, waaronder Martin Brundle, Mika Häkkinen en Johnny Herbert, en die verandering na gladde bande perfek bereken. Hy het Eddie Irvine by die Lowes-haarnaald verbygesteek en het in die derde plek gelê voordat die Williams-Renault van Damon Hill en Benetton-Renault van Jean Alesi albei tegniese probleme ondervind het. Panis se oorwinning was die Ligier-span se eerste oorwinning in 15 jaar (en hul laaste), en dit was die eerste oorwinning in 'n Franse motor in Monaco in 66 jaar.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads