Oxford

From Wikipedia, the free encyclopedia

Oxford
Remove ads

Oxford [ˈɒksfərd] is 'n stad in suidelike Sentraal-Engeland. Dit dien as die administratiewe setel van die seremoniële graafskap Oxfordshire waarin dit 'n distrik vorm. Oxford is een van die snelste groeiende stede in die Verenigde Koninkryk, met 'n etnies uiteenlopende bevolking van 154 600 binne die stadsgrense en 244 000 in die metropolitaanse gebied. Die bewoners van Oxford word in Engels Oxonians genoem.

Thumb
Uitsig oor Oxford, die "Stad van dromende toringspitse", vanaf Boars Hill
Thumb
May Morning, die tradisionele Lentefees, word op 1 Mei met dansvertonings (die foto toon Morris-dansers), sangopvoerings en partytjies gevier
Kitsfeite Land, Seremoniële Graafskap ...

Die stad het 'n diverse ekonomiese basis met motorvervaardiging, uitgewerye, opvoedkundige instellings, inligtingstegnologie en ander wetenskapsgebaseerde bedrywe. Oxford staan internasionaal veral bekend as setel van die Universiteit van Oxford, die oudste in die land en die Engelssprekende wêreld.

Oxford se boukuns sluit voorbeelde van elke argitektoniese stylperiode in Engeland sedert die vestiging van die Angel-Sakse, waaronder die ikoniese Radcliffe Camera uit die middel van die 18de eeu. Oxford se kolleges oorheers die middestad met hul verskeidenheid boustyle en kenmerkende binnepleine. Maar dit is veral Gotiese stylelemente soos klein en groot torings met hul spitse waaraan Oxford sy bynaam "stad van dromende toringspitse" (city of dreaming spires) te danke het. Die digter Matthew Arnold het met hierdie term na die harmoniese boustyl van Oxford se universiteitsgeboue verwys.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads