Pages (iWork)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Pages is ’n woordverwerkings- en bladuitlegtoepassing wat deur Apple ontwikkel is. Dit vorm deel van die iWork-kantoorpakket en werk op die Mac OS X en iOS bedryfstelsels.[1] Die eerste weergawe van Pages is op 11 Januarie 2005 aangekondig en is ’n maand later vrygestel.[2] Die mees onlangse weergawe, Pages 4, is op 6 Januarie 2009 bekendgestel as ’n onderafdeling van iWork ’09.[3] Op 27 Januarie 2012 het Apple ’n nuwe weergawe van Pages bekendgestel vir die iPad met ’n splinternuwe aanrakingskoppelvlak.[4] Op 31 Mei 2011 het Apple die iOS-weergawe opgedateer na 1.4 en het universele tweeledigheid ingebou sodat die toep op iPad, iPhone en iPod Touch-toestelle kan werk.[5] Op 12 Oktober 2011 het Apple die iOS-weergawe weer opgedateer na 1.5 met die toevoeging van iCloud se “Dokumente in die Wolk” (Documents in the Cloud) kenmerk.
Pages word deur Apple bemark as ’n maklik gebruikbare toepassing wat gebruikers in staat stel om vinnig dokumente op hul persoonlike rekenaars op te stel.[6] ’n Aantal Apple-ontwerpte sjablone bestaande uit verskillende temas (soos briewe, CV’s, plakkate en uiteensettings) word ingesluit met Pages.[2] Talle van die sjablone wat in weergawe 4.3 beskikbaar was is verwyder uit weergawe 5.0.
Remove ads
Kenmerke
Pages is ’n woordverwerkings- en bladuitlegtoepassing. Meer as 140 Apple-ontwerpte sjablone word ingesluit.[7] Wanneer Pages oopgemaak word sien gebruikers ’n Sjabloonkieser wat die gebruiker in staat stel om met ’n skoon dokument of ’n vooraf ontwerpte sjabloon - insluitend ’n CV, uiteensetting, skoolverslag, pamflet ne koevert - wat plaasaanduidingsteks en -beelde bevat wat vervang kan word deur foto’s van die Mediakieser daaroor te plaas.
Elke dokumentvenster bevat ’n nutsbalk wat een-klik-toegang bied tot algemeen gebruikte funksies soos die invoeging van voorwerpe (tekskassies, vorms, tabelle, grafieke en kommentaar), oplaai van die dokument na iWork.com en die toevoeging van addisionele bladsye bevat. Die dokumentvenster bevat ook ’n kontekstuele opmaakbalk wat een-klik-formatering van teks en verstellings aan beelde bied. Wanneer teks geselekteer is stel die opmaakbalk gebruikers in staat om lettertipes, lettergrootte en -kleur te kies en lynspasiëring en belyning te verstel. Wanneer ’n beeld geselekteer is, vertoon die opmaakbalk nutsmiddels om ondeursigtigheid aan te pas, skadu’s te vertoon of weg te steek, spieëleffekte aan te skakel en die beeld te maskeer.[7] ’n Afsonderlike Inspkteurvenster bied amper alle formateringsopsies wat vir einige element in die oop dokument beskikbaar is.
Sedert iWork ’08 is woordverwerking en bladuitleg twee afsonderlike modusse. In woordverwerkingsmodus ondersteun Pages kop- en voetteks, voetnote, ’n uiteensetting en die skep van lyste. Gebruikers kan met andere meewerk aan ’n dokument. Pages hou wysigings by van verskillende gebruikers deur elke persoon se wysigings in verskillende kleure te vertoon. Gebruikers kan ook kommentaar langs die dokument aanbring. In bladuitlegmodus het gebruikers volle beheer oor die posisie van voorwerpe op die pladsy. Beelde en teks kan enige plek op die blad geplaas word.
Die Mediakieser bied vinnige toegang na media van iTunes, iMovie, iPhoto en Aperture. Gebruikers kan musiek, video’s en foto’s direk vanuit die Mediakieser op die Pages-dokument sleep en neersit.[2]
Pages het ’n aantal ander gevorderde skryfnutsmiddels. Die “volskerm”-modus (bekendgestel in OS X Lion) versteek die kieslys en nutsbalke wat die gebruiker in staat stel om te fokus op ’n enkele dokument sonder om efgelei te word deur ander vensters op dieselfde skerm.[3] E-poskombinering bevolk pasgemaakte velde outomaties met kontakdata van die Adresboek of van Numbers om verpersoonlikte dokumente te skep. Indien ’n gebruiker byvoorbeeld een brief aan drie verskillende persone will stuur, stel e-poskombinering die gebruiker in staat om ’n enkele dokument met plaasaanduidingsvelde te skep wat dan gevul word wanneer die dokument gedruk word.[8] Tabelle en grafieke wat vanaf Numbers geplak word, word outomaties opgedateer indien die oorspronklike sigblad verander word.[3]
Pages kan sommige AppleWorks-woordverwerkingsdokumente en Microsoft Word-dokumente (insluitend Word 2007 se Office Open XML-formaat) invoer[9]), en kan dokumente uitvoer na ryk teks, PDF, EPUB en Microsoft Word Doc-formate.[10]
Eenvoudige en ingewikkelde wiskundige vergelykings van vir ’n Pages-dokument geskryf word met Mac OS X se Grapher en bied soortgelyke moontlikhede as Microsoft Equation Editor (plus 2D en 3D-vertolkingsgereedskap wat slegs deur Grapher gebruik kan word).
Remove ads
Verenigbaarheid
Sedert November 2012 ondersteun Pages nie OpenDocument-lêers nie. Die enigste ander programmatuur buiten Pages wat .pages-dokumente kan oopmaak is die Google Docs-beskouer.[11] Dit kan die lêers bekyk en dit as PDF bewaar deur middel van die Druk-funksie, maar dit kan nie die dokumente wysig nie.
Hoewel daar geen program bestaan wat ’n Pages-dokument in Windows of Linux kan besigtig of wysig nie, kan dele van die inhoud van ’n dokument wat in Pages ’09 geskep is, herwin word omdat ’n .pages-lêer eintlik ’n gebundelde lêer is. ’n Gebruiker kan ’n .pages-lêer in ’n uitpakprogram oopmaak of deur lêers as .zip-lêers te hernoem in Windows (XP en nuwer), en sal óf ’n .jpg óf ’n .pdf-voorskou in sy volledigheid kry vir besigtiging en uitdruk, maar dit is slegs moontlik indien die skepper van die .pages-lêer gekies het om ’n voorskou in te sluit. Die gebruiker sal ook ’n .xml-lêer met ongeformateerde teks kry.[12] Hierdie proses kan ook gebruik word vir gebruikers van die 2008-weergawe van Pages om dokumente oop te maak wat in die 2009-weergawe van Pages opgeslaan is wat nie terugwaarts aanpasbaar is nie. iWork kan ook dokumente uitvoer na ’n aantal formate; ongelukkig gaan die formatering dikwels verlore in die uitvoerproses.
Daar is geen derdeparty-omskakelaars wat die lêertipe kan verander en die formatering kan behou nie.
Remove ads
Weergawegeskiedenis
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads