Pampa

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pampa
Remove ads

Die Pampa, ook in die meervoud Pampas, is 'n groot plat, oop subtropiese graslandskap in Suidoos-Suid-Amerika met 'n oppervlakte van sowat 1 200 000 km². Dit beslaan die weste van Argentinië, die hele Uruguay en 'n klein deel in die uiterste suide van Brasilië. Die Pampa streek oor 'n wye boog om die Río de la Plata en bestaan uit die redelik plat Pampa suid van die Río de la Plata en die heuwelagtige Campo met woudeilande in die noorde. Die Pampa word in die noorde deur die Atlantiese Woud en die Gran Chaco, in die weste deur die Pampa-berge en die Cuyo-streek en in die suide deur Patagonië begrens.

Thumb
Kaart van die Pampa
Kitsfeite

Beide die woord "Pampa" (uit die inheemse Quechua-taal) en die woord "Campo" (uit Portugees en Spaans) beteken "boomlose vlakte" of "veld". In die omgangstaal verwys die woord Pampa oor die algemeen na die dorre, byna onbewoonde hoë plato's van Patagonië en is in dié sin vergelykbaar met die Australiese outback, die Nieu-Seelandse High Country die Suid-Afrikaanse Hoëveld.

Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pampa.
  • (en) Toerisme-inligting oor Pampas op Wikivoyage
  • (en) "the Pampas". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Desember 2025.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads