Bokkeveldpoppiesbos
plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die bokkeveldpoppiesbos (Paranomus bracteolaris) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en Noord-Kaap, waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp, in die Koue Bokkeveld en die Olifantsrivierberge.
Die struik is eenstammig en word tot 2 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Die blare is fyn verdeel in naaldvormige segmente; hulle is harig wanneer hulle jonk is. Die blomme is in klein trosse gerangskik in are op die punte van die takke. Hulle is perspienk en 20 - 25 mm lank. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei sandsteen grond op hoogtes van 250 - 1300 m.
In Engels staan die struik as die Smooth-leaf Tree Sceptre bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.3[1].
Remove ads
Galery
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads