Rooibergsepterbos

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Rooibergsepterbos
Remove ads

Die Rooibergsepterbos (Paranomus roodebergensis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Rooiberg, Huisrivierpas en Touwsberg.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die struik word tot 2.5  m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word ryp twee maande nadat die plant geblom het, en die sade val op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen-sand op hoogtes van 600 - 1300 m.

In Engels staan die struik as die honey-scented sceptre bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.6[1]

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads