Paranthropus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Paranthropus
Remove ads

Paranthropus (van die Griekse παρα, para "neffens"; άνθρωπος, ántropos "mens"), is ’n genus van uitgestorwe hominiene. Hulle was tweevoetige hominiede wat waarskynlik sowat 2,7 miljoen jaar gelede afgestam het van Australopithecus.[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Spesies ...

Lede van die genus word gekenmerk deur hul robuuste of sterk kraniodentale anatomie, insluitende ’n gorilla-agtige sagittale kam en breë tande.

’n Deel van ’n kopbeen van Paranthropus robustus is in 1938 deur ’n skoolseun, Gert Terblanche, gevind by Kromdraai, 70 km suidwes van Pretoria, Suid-Afrika. Robert Broom van die destydse Transvaal Museum het dit as ’n nuwe spesie beskryf.

Paranthropus boisei is in 1959 deur die Britse paleoantropoloog Mary Leakey ontdek by Olduvai-kloof in Tanzanië.

Thumb
Die replika van ’n Paranthropus aethiopicus-skedel waarop die sagittale kam duidelik gesien kan word.

In 1967 is die eerste fossiel van Australopithecus aethiopicus in Ethiopië ontdek deur die Franse argeoloë Camille Arambourg en Yves Coppens.

Remove ads

Beskrywing en voorkoms

Paranthropus het sowat 2,7 miljoen jaar gelede sy verskyning gemaak. Al die spesies het op twee voete geloop en geleef in die tyd toe spesies van die genus Homo (wat moontlik van Australopithecus afgestam het) algemeen voorgekom het.

Die meeste spesies van Paranthropus se brein was omtrent 40 persent van dié van die moderne mens. Daar was verskille tussen die spesies, maar die algemene lengte was sowat 1,3-1,4 m en hulle was sterk gespierd.

Die meeste Australopithecus-spesies het óf uit die fossielrekord verdwyn voor die verskyning van die vroeë mense óf hulle was die voorsate van Homo habilis, maar P. boisei en P. aethiopicus het langs ’n ander lyn ontwikkel en ’n pad apart van dié van die mens gevolg. Paranthropus het in dieselfde tyd voorgekom as die vroeë Homo-genusse soos H. habilis, H. ergaster en moontlik selfs H. erectus.[2]

Remove ads

Spesies

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads