Patrick Mynhardt

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Patrick Beattie Mynhardt (12 Junie 1932, Bethulie, Vrystaat, Suid-Afrika - 25 Oktober 2007, Londen, Engeland) was 'n Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Hy het in meer as 150 verhoogproduksies in Suid-Afrika en Engeland opgetree, asook in 100 plaaslike en internasionale rolprente, TV-programme en 'n opera. Hy is in Londen oorlede waar hy in sy eenmanvertoning Boy from Bethulie in die Jermyn Street Theatre in die Weseinde opgetree het.

Remove ads

Vroeë lewe

Mynhardt is in Bethulie in die Vrystaat gebore as die seun van Johannes Tobias Mynhardt en Elizabeth Beattie. Hy het aan die De La Salle-kollege in Oos-Londen gematrikuleer en drama aan die Rhodes-universiteit studeer voor hy in 1953 by die National Theatre Organisation aangesluit en deur Suid-Afrika getoer het. In 1954 het hy na Londen getrek om die Central School of Speech and Drama by te woon en teen die einde van 1960 het hy weer na Suid-Afrika teruggekeer.[1]

In 1999 ontvang Mynhardt saam met Sandra Prinsloo die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Remove ads

Filmografie

Films

  • Vadertjie Langbeen, 1955 (Mynhardt se rolprentdebuut)
  • The Hellions (rolprent), 1961
  • Diamond Walkers (rolprent), 1965
  • The Naked Prey (rolprent), 1966
  • Seven Against the Sun (rolprent), 1967
  • The Jackals (rolprent), 1967
  • Majuba: Heuwel van Duiwe, 1968
  • Vrolike Vrydag die 13de, 1969
  • Three Bullets for a Long Gun (rolprent), 1970
  • Jannie totsiens (rolprent), 1970
  • Z.E.B.R.A., 1971 as Charles Lester
  • Die Voortrekkers (rolprent), 1973
  • Target of an Assassin, 1976
  • Forever Young, Forever Free (rolprent), 1976
  • Lew Diamants du président (rolprent), 1977
  • Scotty & Co. (rolprent), 1979
  • Zulu Dawn (rolprent), 1979
  • A Game for Vultures (rolprent), 1979
  • Pour tout l'or du Transvaal (rolprent), 1979
  • Gräset sjunger (rolprent), 1981
  • Torn Allegiance (rolprent), 1984
  • Broer Matie, 1984
  • Vyfster: Die Slot, 1985 as Pappa
  • Skollie, 1984 as Pappa
  • Scavengers (rolprent), 1988
  • The Emissary (rolprent), 1989
  • A Private Life (rolprent), 1989
  • Oddball Hall (rolprent), 1990
  • The Visual Bible: Matthew (rolprent), 1993
  • A Good Man in Africa (rolprent), 1994
  • Suburban Bliss (rolprent), 1996
  • Pride of Africa (rolprent), 1997
  • Operation Delta Force 2: Mayday (rolprent), 1998
  • Cold Stone Jug (rolprent), 2003
  • Stander, 2003

TV-programme

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads