Peperblaarboom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die peperblaarboom[1] (Warburgia salutaris (G.Bertol.) Chiov.) is inheems aan Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Eswatini en Suid-Afrika waar dit in die ooste van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreig ("EN") gelys, omdat die Suid-Afrikaanse populasie seker met 50% verminder het vanweë die aanhoudende oes van die bas deur tradisionele genesers.[2]
Dit is 'n slanke, immergroen boom wat 5 tot 10 m hoog kan word. Dit het glansende blare wat donkergroen van kleur is. Hulle het 'n bitter, brandende aromatiese smaak. Die blomme is liggroen en tot 7 mm in deursnee. Hulle vorm ovaal vrugte wat met rypheid pers word. Die bas is bruin en smaak ook peperagtig en bitter. Die boombas word vir sommige kwale gebruik, veral vir die longe, maar ook teen malaria.[3]
Remove ads
Fotogalery
bastekstuur blomknoppe oop blomme loof en blomme
Sien ook
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads