Pesto

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pesto
Remove ads

Pesto (lang naam: pesto alla genovese) is ’n sous wat in Genoa, Italië, ontstaan het.[1] Dit bestaan tradisioneel uit fyngedrukte knoffel, dennepitte, growwe sout, basilieblare, parmesaankaas en pecorino sardo (kaas van skaapmelk), wat alles met olyfolie gemeng word.[2]

Kitsfeite
Remove ads

Etimologie

Die naam is afgelei van die verlede deelwoord van die Genovese werkwoord pestâ (Italiaans: pestare), wat beteken om fyn te druk, met verwysings na die oorspronklike manier waarop dit gemaak is: Volgens tradisie is die bestanddele gemaal in ’n vysel deur ’n sirkelbeweging met ’n houtstamper.

Streng gesproke is pesto ’n generiese term vir enigiets wat gemaak word deur dit te stamp; daarom word die woord in Italië vir verskeie pesto's gebruik. Pesto alla genovese ("Genovese pesto") bly egter die gewildste pesto in die wêreld.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads