Pinetown
stad in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Pinetown is 'n stad, 16 km wes van Durban, en lê weerskante van die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Remove ads
Geskiedenis
Die dorp voer sy oorsprong terug na 'n skofpos vir poskoetse en togryers tussen Durban en Pietermaritzburg. Die skofpos, die Wayside Hotel, is in 1849 op 'n deel van die plaas Soutrivierpoort wat AK Murray gekoop het, opgerig. Die dorp is net hierna uitgelê en is vernoem na Benjamin Pine, goewerneur van Natal. Munisipale status is in 1942 en stadstatus is in 1949 toegeken.
Uitleg

Die sentrale besigheidsdistrik lê weerskante van Josiah Gumedeweg, waar Pinetown Girls' High School ook geleë is. Die roete van die Comrades-ultramaraton, wat die bekende Fields- en Cowiesheuwels met mekaar verbind, volg ook hierdie hoofstraat.
Parke en reservate sluit in die Sarnia Japannese Tuin, Lahee Park, Gibakloof-bergfietspark, Paradise Valley en die aanliggende New Germany-natuurreservaat. Die Mlazirivier vloei aan die suidekant van die stad. Die N3- sowel as King Cetshwayo-hoofweë loop deur die stad, en word deur 'n wisselaar met mekaar verbind.
Remove ads
Sien ook
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
