Pietermaritzburg

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pietermaritzburgmap
Remove ads

Pietermaritzburg (ook bekend slegs as Maritzburg) is die hoofstad van die provinsie KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die stad, wat 596 meter bo seevlak in die hart van Zoeloeland lê, was oorspronklik die eerste hoofstad van die Boererepubliek Natalia. Desondanks het die stad vandag 'n sterk Britse voorkoms. Danksy die bewaring van sy historiese geboue word Pietermaritzburg dikwels as een van die mooiste Victoriaanse stede in Afrika beskryf.[4]

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
'n Skildery deur JH Pierneef van die Geloftekerkie soos dit moes gelyk het kort na voltooiing
Thumb
Die setel van die KwaZulu-Natalse provinsiale regering in Pietermaritzburg

Die eerste Voortrekkers, wat die gebied van die Midlands in 1837 bereik het, het hulle in die vrugbare heuwellandskap van die Umsindusirivier gevestig. Die dorp, wat hulle as die sentrum van die nuwe republiek Natalia gestig het, is vernoem na die Voortrekkerleiers Piet Retief en Gerrit Maritz en in 'n soort dreineringsruitpatroon aangelê. In 1839 is die dorp Pietermaritzburg amptelik geproklameer.[5]

Onder die Britte, wat in 1843 aan bewind gekom het, het Pietermaritzburg 'n administratiewe en militêre sentrum van die kolonie Natal geword. Die oorspronklike Voortrekkerpatroon het behoue gebly, tog het die Britte ook begin om kruisstrate aan te lê, terwyl arkades en lane vir die gebruik van voetgangers ontstaan het. Indiërs, wat deur die Britte as werkers na die gebied gebring is, gee die stad later ook 'n Oosterse inslag.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is Pietermaritzburg se Pietermaritzburg-ovaal vir twee wedstryde ingespan.

Remove ads

Besienswaardighede

  • Voortrekkerhuis is die enigste gebou uit die vroeë geskiedenis van Pietermaritzburg, wat bewaar is. Die gebou met twee verdiepings is gerestoureer en gee met sy geelhoutplafon en houtvloer 'n goeie indruk van die Voortrekkers se ambagskuns.
  • Die Voortrekkermonument en die Geloftekerk is in 1838 ná die Voortrekkers se oorwinning oor die Zoeloes in die Slag van Bloedrivier opgerig. Die museum is in 1912 ingewy en vertoon onder meer 'n stoel van die Zoeloekoning Dingaan, wat van ysterhout gemaak is. Die gerestoureerde huis van die Voortrekkerleier Andries Pretorius lê langsaan die museum.
  • Die Macrorie Huis behandel die Victoriaanse lewenstyl van die eerste Britse setlaars. Dit is oorspronklik die tuiste van biskop William Macrorie, wat hier in die tydperk tussen 1869 en 1891 gewoon het.
  • Die Tatham-kunsgalery.
  • Die Wêreldsig-terrein digby die ou Howickweg bied ’n pragtige blik op Pietermaritzburg en die Umsundusivallei.
Remove ads

Susterstede

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads