Benjamin Pine

From Wikipedia, the free encyclopedia

Benjamin Pine
Remove ads

Sir Benjamin Chilley Campbell Pine (1809 of 1813-1891) was 'n luitenant-goewerneur van Natal. Hy is in 1813 in Devonshire, Engeland, gebore. Hy studeer aan die Trinity College, Cambridge, en word in 1841 tot die balie toegelaat. Die volgende jaar sluit hy by die Koloniale Diens van Sierra Leone aan en word in 1848 tot goewerneur bevorder. In 1849 word hy na Natal verplaas as luitenant-goewerneur waar hy tot 1856 bly en baie gewild was. Na verdere diens in die Goudkus, die Wes-Indiese Eilande en Wes-Australië word hy in 1873 as luitenant-goewerneur van Natal aangestel. Hy bly daar tot in 1875, toe hy aftree as gevolg van die Langalibalele-rebellie. Hy het die artikel "African Colonies" in die Encyclopedia Britannica beskryf. Hy is in 1891 oorlede.

Kitsfeite Monarg, Voorafgegaan deur ...

Pinetown in KwaZulu-Natal is na hom genoem.

Remove ads

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads